# Die vakbondfederasie COSATU prys SAMWU vir sy volgehoue stryd namens werkers van die Msunduzi Plaaslike-munisipaliteit in KwaZulu-Natal en die Kannaland Plaaslike-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die vakbond het opgetree teen die praktyk om werknemers vir jare op kontrakte aan te hou en die versuim om uitstaande oortydbetalings te vereffen. COSATU se woordvoerder, Nonzuzo Dlamini, sê […]
# Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het die Nasionale Tesourie genader vir ‘n amptelike staatswaarborg om befondsing teen gunstiger voorwaardes te bekom en sy ontwikkelingsmandaat te versterk. Die staatsbeheerde instelling het ook met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gepraat oor moontlike belastingvrystellings soortgelyk aan dié van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. Die finansiële hoof, Isaac Malevu, sê ‘n staatswaarborg kan die […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente aangemoedig om stelsels, beheer en bestuur te versterk. Hy het met die raad vergader oor die inwerkingstelling van ‘n hofbevel, deurlopendheid en die toekomstige funksionering van die skema. Dit gaan oor van administrasie na tussentydse […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling en die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Maatskaplike Dienste het ‘n gesamentlike subkomitee aangewys om benoemings vir vakante poste op die raad van die Sentrale Dwelmowerheid te hersien en te verwerk. Die voorsitter van die portefeuljekomitee, Bridget Masango, sê die owerheid het reeds ‘n […]
# Rugby: ‘n Held in die Springbokke se Wêreldbekerwenspan van 1995, Joel Stransky, en die voormalige All Black-legende Zinzan Brooke is in Wêreldrugby se heldesaal opgeneem. Nog vyf name sal vroeg in September aangekondig word om die klas van 2026 te voltooi. Stransky het al Suid-Afrika se punte aangeteken in die Springbokke se geskiedkundige oorwinning […]
# Vyf van die ses Suid-Afrikaners wat vermis word na die verwoestende oorstromings in Nepal en Tibet is van KwaZulu-Natal. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die ander een is van KuGompo City in die Oos-Kaap. Minstens 270 mense is volgens berigte dood en meer as een-duisend-300 is nog nie opgespoor […]
# Die DA het vandag sy kandidatelyste vir al 257 munisipaliteite en vier-duisend-484 wyke by die Verkiesingskommissie ingedien vir November se plaaslike regerings-verkiesing . Politieke partye het tot vanmiddag vyf-uur tyd om hul lyste in te dien. Ashor Sarupen van die DA sê kandidate het ‘n streng keuringsproses ondergaan om te verseker geskikte en toegewyde […]