# Die Withuis het ‘n verslag deur menseregtekenners van die Verenigde Nasies verwerp wat bevind daar is genoegsame rede om te glo Amerika het in Februarie oorlogsmisdade gepleeg tydens lugaanvalle op Iran. Missiele het ‘n laerskool in Minab en ‘n sportkompleks in Lamerd getref waarin 177 mense dood is. Die Withuis se woordvoerder, Anna Kelly, […]
# Krieket: Ben Sawyer het na vier jaar as hoofafrigter van Nieu-Seeland se vrouespan bedank, ná ‘n omvattende hersieningsproses van die span se hoëprestasiestruktuur. Sy kontrak sou eers in Desember verstryk het. Sawyer se grootste prestasie was om die White Ferns in 2024 in Dubai na hul eerste T20-Wêreldbekertitel te lei. Spanbestuurder Rachel Pettit gaan […]
# Tennis: Die Amerikaner Brandon Nakashima maak vanjaar sy Laverbeker-buiging as plaasvervanger vir sy landgenoot, Ben Shelton, wat onttrek het. Die 25-jarige het ‘n goeie seisoen beleef waarin hy die eerste keer tot die wêreld se top-20 deurgedring het. Nakashima sluit aan by sy mede-Amerikaners Taylor Fritz en Learner Tien, Alex de Minaur van Australië, […]
# Volgende Donderdag is Erfenisdag, maar ‘n organisasie sonder winsbejag, Inyathelo, sê dit is nie genoeg om Suid-Afrika se ryk kulturele uiteenlopenheid slegs te vier nie. Die organisasie se woordvoerder, Feryal Domingo, sê die ware gees van Erfenisdag is om die diep wonde en sistemiese ongelykhede van apartheid heeljaar aan te pak. Sy sê organisasies […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Amerika se nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika is ‘n verrassing. Dis gemik op diegene wat volgens Amerika rassediskriminasie, die aanhitsing van geweld of onteiening sonder vergoeding bevorder. Tau sê hy sal volgende week met die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, vergader. Hy beklemtoon […]
# Die vakverbond COSATU in Gauteng veroordeel die onlangse moorde op vroue in Ekurhuleni ten sterkste en sê mans moet ‘n daadwerklike rol speel om die geweld te bekamp. Die liggame van nege vroue is die afgelope twee maande op verskeie plekke aan die Oos-rand aangetref, insluitend Kemptonpark, Olifantsfontein en KwaThema in Springs. Provinsiale voorsitter […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die hernoemde Tutu-gedenkpark in Milnerton is nog ʼn manier waarop die metro wyle aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, vereer. Die Lupin-singel-park waar Tutu en sy vrou dekades lank gewoon het, word verander in ʼn kindervriendelike ontspanningsgebied met ʼn hondepark, blomtuin en buitelug-amfiteater. Hill-Lewis sê die park […]