# Tennis: Die Amerikaner Brandon Nakashima maak vanjaar sy Laverbeker-buiging as plaasvervanger vir sy landgenoot, Ben Shelton, wat onttrek het. Die 25-jarige het ‘n goeie seisoen beleef waarin hy die eerste keer tot die wêreld se top-20 deurgedring het. Nakashima sluit aan by sy mede-Amerikaners Taylor Fritz en Learner Tien, Alex de Minaur van Australië, Alexander Bublik van Kazakstan en die Argentyn Francisco Cerundolo in kaptein Andre Agassi se Wêreldspan. Die kompetisie vind volgende naweek in die O2-arena in Londen plaas.
Tennis: Brandon Nakashima maak sy Laverbeker-buiging en vervang Ben Shelton