# Die Withuis het ‘n verslag deur menseregtekenners van die Verenigde Nasies verwerp wat bevind daar is genoegsame rede om te glo Amerika het in Februarie oorlogsmisdade gepleeg tydens lugaanvalle op Iran. Missiele het ‘n laerskool in Minab en ‘n sportkompleks in Lamerd getref waarin 177 mense dood is. Die Withuis se woordvoerder, Anna Kelly, sê die enigste party wat oorlogsmisdade gepleeg het, is die Iranse regering. Sy sê die regime het duisende van sy eie burgers vermoor, terreurdade gepleeg en onoordeelkundige aanvalle op sy buurlande uitgevoer.
Withuis verwerp VN-verslag oor beweerde Amerikaanse oorlogsmisdade in Iran