# Frankryk, Brittanje en Duitsland veroordeel Israel se uitgebreide inval in Libanon na die verowering van die strategiese Beaufort-kasteel. Dit was die sleutel tot beheer van die omliggende streek sedert die Kruisvaarders dit 900-jaar gelede gebou het. Die Franse president, Emmanuel Macron, sê niks regverdig die groot toename in geweld in Suid-Libanon nie. Die Britse […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, het die Kai!Garib Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap gekritiseer omdat hulle nie regstellende stappe toegepas het om hul swak water- en sanitasiedienste aan te spreek nie. Die jongste Blou en Groen Druppel regulatoriese beoordelings dui daarop dat water- en sanitasiedienste in die munisipaliteit nou kritiek is. […]
# Die energiereguleerder, NERSA, het al 176 gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders se tariefaansoeke vir die 2026/27-boekjaar oorweeg en goedgekeur. Die nuwe tariewe vir munisipale en privaAT verspreiders sal volgende maand in werking tree. Woordvoerder Charles Hlebela sê dis in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Elektrisiteitsregulering, en in ooreenstemming met die hofbevele van Februarie en […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Tshwane se projekbestuursmodel moet hersien word om te verhoed dat belastinggeld in die toekoms vermors word. Die jongste verslag deur Tshwane se Strategiese Batebestuurskomitee onthul dat 12,2-miljard-rand vasgevang is in projekte wat reeds voltooi is, gedeeltelik voltooi is, of waarvoor planne en betalings lank gelede gemaak is, maar […]
# Die minister vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, moedig jong vroue en meisies aan om waaksaam te bly en die nodige voorsorgmaatreëls te tref wanneer hulle e-taxiplatforms gebruik. Daar is toenemende kommer oor pendelveiligheid en geslagsgeweld. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê vervoeroperateurs, tegnologieplatforms, wetstoepassingsagentskappe en gemeenskappe moet almal ‘n […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het bevestig al 26 Bafana Bafana-spelers het nou hul visums ontvang en reis vandag na Noord-Amerika vir die Wêreldbekertoernooi. Hulle was veronderstel om gister te vertrek, maar dis vertraag weens ‘n administratiewe visumfout. Die hulpafrigter, spandokter, hoof van sekerheid en ‘n ontleder wag steeds […]
# Die Parlement se Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het ooreengekom oor ‘n openbare deelnameproses in ‘n poging om openbare vertroue in die instelling te versterk. Dit is deel van die omvattende hersiening van die Parlement se Kode vir Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Ledebelange, asook die Uitvoerende Etiekkode. Die medevoorsitter van die komitee, […]