# Vyftien mense is in die suidelike Nigeriese staat Ondo aangekeer na die dood van 49 mense wat ʼn plaaslik-vervaardigde alkohol-brousel gedrink het wat vermoedelik metanol bevat. Altesaam 182 mense is moontlik geraak. Die staat se Gesondheidskommissaris, Banji Ajaka, sê owerhede het waarneming en kontak-opsporing verskerp om die bron van die giftige brousel op te spoor. Nigerië se Nasionale Agentskap vir Administrasie en Beheer van Voedsel en Drank het ʼn landwye verbod geplaas op alkohol in sakkies en klein plastiek bottels.
49 mense sterf in Nigerië nadat hulle ’n alkohol-brousel drink wat vermoedelik metanol bevat