# Die polisie in Tshwane het gister 343 verdagtes tydens ʼn multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie in Lyttelton gearresteer. Die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, verkragting, gewapende roof en aanranding. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê nakomingsinspeksies is ook uitgevoer met die fokus op immigrasie en sake-verwante kwessies. Hy sê 50 onwettige immigrante is […]
# Die EFF in Gauteng veroordeel Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, se gedrag nadat hy ʼn inwoner tydens ʼn City Power-gemeenskaps-imbizo in Tshepisong beledig het. Die imbizo is gehou weens inwoners en plaaslike raadslede se kommer omdat elektrisiteitsdienste in die gebied onttrek is. Die burgemeester is op kamera betrap waar hy ʼn inwoner vloek nadat […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty vra die regering om dringend op te tree om ses Suid-Afrikaners wat in Nepal vermis word, op te spoor en te red. Hulle is onder meer as een-duisend-500 buitelanders wat vermis word ná verwoestende kitsvloede naby die grens met Tibet. Byna 500 mense is dood. Die SAKP sê die oorstromings het […]
# Die spesiale parlementêre komitee vir Veiligheid en Geregtigheid verwelkom Binnelandse Sake se vordering om visum-verwante agterstande op te los, maar beklemtoon hervormings is nodig om agterstande te voorkom. Die departement sê daar was op 28 Julie 21-duisend-847 hangende appèl-aansoeke, waarvan 13-duisend-148 agterstallig was. Die komitee se voorsitter, Jane Mananiso, sê hulle erken die ingewikkeldheid […]
# Chinese owerhede het reddingswerk naby die grens tussen Nepal en Tibet opgeskort oor vrese dat ʼn meer, wat tydens die aanvanklike modderstorting gevorm het en as ʼn versperring dien, nog ʼn ramp kan veroorsaak. Minstens 475 mense is in Nepal dood en een-duisend-300 word vermis ná dodelike kitsvloede in die Himalaja-grensgebied. In Tibet is […]
# Die stadsraad van die Stad Tshwane het, na bewerings van wangedrag ondersoek is, besluit om nie dissiplinêr teen die stadsbestuurder, Johann Mettler, op te tree nie. Hy is beskuldig van wanadministrasie, en dat hy nie die nodige verpligte kontrolering gedoen het van sommige amptenare wat by die Tshwane Metropolisiedepartement aangestel is nie. Die metro […]
# Die GOOD-party sê ‘n studie van gratis basiese dienslewering wat die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering aangevra het en daarop aanspraak maak dat die provinsie in pas is met nasionale riglyne, voldoen nie aan vereistes nie. Daarvolgens gee Kaapstad maandeliks sestig kilowatt-uur gratis elektrisiteit aan behoeftige huishoudings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit […]