# Die Nasionale Dobbelraad en die Advertensie-reguleringsraad het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om toesig te versterk oor dobbeladvertensies en verbruikers-beskerming. Dit sal tradisionele en digitale platforms dek, insluitend televisie, radio, reklameborde en sosiale media. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, sê die vinnige groei van aanlyn dobbelary vereis nouer samewerking om te verseker advertensies voldoen aan regulatoriese en etiese standaarde:
Dobbelraad gaan toesig oor dobbeladvertensies versterk [KLANK]
ENG DukwanaONGamblingAdvertising