Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 18 September 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met krieket: Miané Smit se eerste T20-honderdtal het die Suid-Afrikaanse vrouespan na ‘n oortuigende oorwinning van 80 lopies oor Zimbabwe in Bulawayo gelei en hul reeksvoorsprong tot 4-0 vergroot. Smit, wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, het 102 lopies van 59 balle aangeteken en die Proteas gehelp om 205 vir vier te bereik. Zimbabwe is daarna tot 125 vir vyf beperk nadat Caitlin Wyngaard twee paaltjies geneem het. Suid-Afrika sal môre in die laaste T20 probeer skoonskip maak in die reeks.
Nog krieketnuus: Die Australiese kolwer Steve Smith sê herinnerings aan 2018 se balpeutery-skandaal spook steeds by hom voor hy die eerste keer sedertdien weer ‘n toetsreeks in Suid-Afrika gaan speel. Hy sê die geluid van kamera-flitse laat hom dink aan die gevolge van die derde toets in Kaapstad, wat gelei het tot ‘n skorsing van ‘n jaar en hom die kapteinskap gekos het. Smith sê egter hy het aanbeweeg en sal enige vyandige verwelkoming gebruik as motivering wanneer die toetsreeks op 9 Oktober begin.
# Rugby: Die Springbokke sluit hul voorbereiding vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi af met ‘n toets teen Fidji op die Polytec-stadion in Gosford, noord van Sydney in Australië op 18 September. Dit sal slegs die vierde keer wees dat die twee nasies kragte meet. Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo Fidji sal sy span presies die regte soort uitdaging bied wat nodig is voor hulle hul titel begin verdedig. Die Bokke gaan in Australië probeer om ʼn geskiedkundige derde agtereenvolgende titel te buit.
Nog rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha sê hulle het ‘n spesifieke plan en manier waarop hulle wil speel om Wallis se verwagte skopaanslag teen te staan:
# En sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Pitso Mosimane, het sy finale groep van 30 aangekondig vir dié maand se Afrikabeker-kwalifiseerders teen Guinee in Johannesburg en Eritrea in Egipte. Dit bevat talle spelers van Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates, asook verskeie van Europese en Amerikaanse klubs. Themba Zwane, Cassius Mailula, Luther Singh en Shandre Campbell keer terug. Mosimane erken dit was moeilik om die groep saam te stel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….