# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê president Cyril Ramaphosa se bekragtiging van die nuwe Wet op die Staatsdienskommissie is ‘n mylpaal wat bykans 19-jaar in wording was. Fikeni het die Madlanga-kommissie toegespreek en gesê die wet versterk die kommissie se onafhanklikheid deur hom minder afhanklik te maak van die Departement van […]
# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, is afgedank. Hy is in November verlede jaar geskors en word tans aangehou nadat borgtog aan hom geweier is in ‘n moordsaak wat verband hou met die dood van die sakeman Emmanuel Mbense. Mkhwanazi staan ook tereg op ander aanklagte van korrupsie, roof en bedrog. Intussen […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê keuringsprosesse vir staatsamptenare in Suid-Afrika word dikwels nie ernstig opgeneem nie en is onderstandaard teenoor wat in ander lande toegepas word. Fikeni het in sy getuienis voor die Madlanga-kommissie hbevraagteken waarom amptenare met hul aanstellings kan begin voordat die siftingsproses afgehandel is. Hy sê vertragings […]
# ‘n Soektog is aan die gang in Libode in die Oos-Kaap nadat twee polisielede doodgeskiet is toe hulle reageer het op ‘n rooftog in ‘n spaza-winkel. Die polisie het ‘n 72-uur-reaksieplan van stapel gestuur om die moordenaars aan te keer terwyl ‘n multi-dissiplinêre span leidrade opvolg. Die polisie se woordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die […]
# ‘n Britse vrou wat in Malawi ontvoer is, is met haar gesin herenig ná ‘n polisie-optrede naby Blantyre. Vier mans het die 47-jarige Nusrat Osman verlede week ontvoer. Die polisie sê die vermeende ontvoerders is dood tydens ‘n skietery gedurende die reddingsoperasie. ‘n Senior polisiebeampte is gewond, maar in ‘n bestendige toestand. Osman is […]
# Drie mense, insluitend ‘n 16-jarige leerder, is dood en agt beseer in ‘n skietvoorval in ‘n hoërskool in die suide van die Filippyne. Twee van die slagoffers was 14-jarige leerders en vier van die beseerdes is in ‘n bedenklike toestand. Die aanval het in die Banga National High School in Suid-Cotabato plaasgevind, waar klasse […]
# Die onafhanklike rubriekskrywer en navorser, Lehumo Sejaphala, sê Suid-Afrika moet die dieper oorsake van geslagsgeweld en vrouemoord aanpak nadat die liggame van nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, gevind is. Hy sê slegs strenger strawwe sal nie die geweld beëindig nie. Sejaphala sê kindertrauma, skadelike opvattings oor manlikheid, armoede, werkloosheid en negatiewe houdings oor geslagsrolle […]