# ActionSA in Gauteng se koukusleier, Funzi Ngobeni, het besware by NERSA ingedien teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariewe vir 2027/28. Eskom vra ‘n gemiddelde verhoging van 8,83-persent vir regstreekse kliënte, terwyl munisipale grootmaataankope met 8,84-persent sal styg. Ngobeni sê huishoudings wat minder krag gebruik, kan groter verhogings verwag weens hoër vaste heffings. ActionSA bevraagteken ook […]
# Die Tsjeggiese Republiek en die Verenigde State is gelykop in hul Davisbekerkragmeting in Praag, nadat Jiří Lehečka die Amerikaanse Ope-naaswenner, Ben Shelton, met 6-4, 6-4 verslaan het. Learner Tien het Jakub Menšík vroeër in skoon stelle geklop. Die ander wedstryde word vandag beslis, met ’n dubbelspelwedstryd, gevolg deur twee enkelspelwedstryde. Intussen is Suid-Korea een […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op groter samewerking tussen die provinsiale regering, die polisie, gemeenskappe en die burgerlike samelewing om geweld teen vroue aan te spreek. Die party glo die fokus moet daarop wees om diegene wat verantwoordelik is vir die moorde op vroue in Ekurhuleni op te spoor, polisiëring en forensiese […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê baie regeringsprosesse word gedryf deur nakoming eerder as deur die waarde wat dit beoog om te lewer. Fikeni het voor die Madlanga-kommissie gesê finansiële openbaarmakings word dikwels slegs as ‘n nakomingsoefening beskou. Hy sê die openbaarmaking van bates moet fokus op deursigtigheid en aanspreeklikheid, in […]
# Die verpleegkunde-organisasie DENOSA doen ‘n beroep op groter sigbaarheid van die polisie in Gauteng ná die ontdekking van verskeie vroue liggame in Ekurhuleni in die afgelope twee maande. Die organisasie sê die moorde veroorsaak vrees onder verpleegkundiges, van wie talle vroeg in die oggend en laat in die dag van openbare vervoer gebruik maak. […]
# Die Franse president Emmanuel Macron sê Russiese aanvalle teen Europa en Frankryk is aan die toeneem en hy het optrede belowe. Hy het na ‘n vergadering gister met politieke partyleiers in Parys gewaarsku dat kritieke infrastruktuur, insluitend verdedigingsnywerheidsterreine, groter beskerming teen hommeltuig- en kuberaanvalle benodig. Hy het Moskou daarvan beskuldig dat hulle probeer om […]
# Die president van die Afrika Mayibuye Movement, Floyd Shivambu, sê tegniese voldoening moet nie kiesers ontneem of vrye en regverdige verkiesings ondermyn nie. In ‘n ope brief aan die Verkiesingskommissie sê Shivambu twee-duisend-274 voornemende kandidate van 45 politieke partye was op die Aanlynkandidaatnominasiestelsel vasgelê, maar was nie finaal voorgelê nie. Hy sê geaffekteerde kandidate […]
# Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal bly op hoë gereedheidsgrondslag te midde van ‘n vlak 6-weerwaarskuwing langs die kus. Swaar reën het geringe modderstortings in Tshelimnyama veroorsaak wat drie gesinne geraak het, terwyl klippe op die R33 in Umsinga geval het. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en […]