Skip to content

Shivambu vra vir hersiening van uitsluiting van kandidate

# Die president van die Afrika Mayibuye Movement, Floyd Shivambu, sê tegniese voldoening moet nie kiesers ontneem of vrye en regverdige verkiesings ondermyn nie. In ‘n ope brief aan die Verkiesingskommissie sê Shivambu twee-duisend-274 voornemende kandidate van 45 politieke partye was op die Aanlynkandidaatnominasiestelsel vasgelê, maar was nie finaal voorgelê nie. Hy sê geaffekteerde kandidate en gemeenskappe kan betekenisvolle verkiesingskeuses verbeur. Hy doen ‘n beroep op ‘n dringende, deursigtige ondersoek van die rekords en wettige korrektiewe maatreëls, terwyl nominasiedatums en verkiesingsintegriteit wetlik gerespekteer word.