# Krieket: Die Proteas sal in die eendagreeks teen Australië sonder gevestigde boulers soos Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Ottneil Baartman mot klaarkom. Ngidi het ‘n besering opgedoen terwyl hy vandeesweek in ‘n plaaslike wedstryd vir die Titans teen die Dolphins gespeel het. Gerald Coetzee en Duan Jansen is vroeër by die nasionale groep ingesluit […]
# Die Amerikaanse minister van Gesondheid, Robert F. Kennedy Junior, het aktiviste wat krities is oor entstowwe verseker hul het ‘n “sterk en standvastige bondgenoot” in president Donald Trump en die Withuis. Kennedy het die opmerkings gemaak op ‘n konferensie van Children’s Health Defense, ‘n groep wat hy voorheen gelei het wat hom beywer vir […]
# Rugby: Die Springbokke en Fidji sal teen mekaar speel in hul laaste voorbereidingswedstryd voor die 2027 Rugbywêreldbeker-toernooi in Australië. Die toets vind op 18 September volgende jaar in Gosford, noord van Sydney, plaas, net meer as twee weke voor Suid-Afrika sy titelverdediging teen Italië begin. Dit is die twee lande se vierde ontmoeting met […]
# ActionSA in Gauteng se koukusleier, Funzi Ngobeni, het besware by NERSA ingedien teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariewe vir 2027/28. Eskom vra ‘n gemiddelde verhoging van 8,83-persent vir regstreekse kliënte, terwyl munisipale grootmaataankope met 8,84-persent sal styg. Ngobeni sê huishoudings wat minder krag gebruik, kan groter verhogings verwag weens hoër vaste heffings. ActionSA bevraagteken ook […]
# Die Tsjeggiese Republiek en die Verenigde State is gelykop in hul Davisbekerkragmeting in Praag, nadat Jiří Lehečka die Amerikaanse Ope-naaswenner, Ben Shelton, met 6-4, 6-4 verslaan het. Learner Tien het Jakub Menšík vroeër in skoon stelle geklop. Die ander wedstryde word vandag beslis, met ’n dubbelspelwedstryd, gevolg deur twee enkelspelwedstryde. Intussen is Suid-Korea een […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op groter samewerking tussen die provinsiale regering, die polisie, gemeenskappe en die burgerlike samelewing om geweld teen vroue aan te spreek. Die party glo die fokus moet daarop wees om diegene wat verantwoordelik is vir die moorde op vroue in Ekurhuleni op te spoor, polisiëring en forensiese […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê baie regeringsprosesse word gedryf deur nakoming eerder as deur die waarde wat dit beoog om te lewer. Fikeni het voor die Madlanga-kommissie gesê finansiële openbaarmakings word dikwels slegs as ‘n nakomingsoefening beskou. Hy sê die openbaarmaking van bates moet fokus op deursigtigheid en aanspreeklikheid, in […]
# Die verpleegkunde-organisasie DENOSA doen ‘n beroep op groter sigbaarheid van die polisie in Gauteng ná die ontdekking van verskeie vroue liggame in Ekurhuleni in die afgelope twee maande. Die organisasie sê die moorde veroorsaak vrees onder verpleegkundiges, van wie talle vroeg in die oggend en laat in die dag van openbare vervoer gebruik maak. […]