# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, bevraagteken of Suid-Afrika se intelligensiedienste bedreigings van nasionale belange voldoende kan identifiseer. Fikeni het voor die Madlanga-kommissie gevra of intelligensie hoofsaaklik op eksterne bedreigings fokus, in plaas van op binnelandse risiko’s. Hy voer aan dat nasionale veiligheidsprioriteite duidelik geïdentifiseer en met toepaslike vlakke van ingryping, senioriteit, […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is in Washington vir ‘n reeks diplomatieke gesprekke ná die nuwe Amerikaanse visumbeperkings gemik op sekere Suid-Afrikaners. Lamola sal ‘n geleentheid van die Congressional Black Caucus Foundation bywoon en met lede van die Amerikaanse Kongres vergader voordat hy New York toe gaan vir die Verenigde […]
# Build One South Africa sê sy voorgestelde wetsontwerp oor billike vergoeding sal werkgewers verbied om werksaansoekers oor hul salarisgeskiedenis uit te vra wanneer daar besluit word watter vergoeding hulle moet ontvang. Graham Charters van BOSA sê die wetsontwerp sal werknemers ook die reg gee om hul vergoeding en salarisaanbiedinge met kollegas te bespreek. Charters […]
# Krieket: Australië het Zimbabwe met 84 lopies verslaan in die tweede eendagwedstryd in Harare en die reeks beklink, met Travis Head wat 112 lopies aangeteken het. Head het sy honderdtal van net 75 balle behaal, terwyl Cooper Connolly 78 lopies aangeteken het en die kaptein, Mitchell Marsh, 53 bygevoeg het, vir Australië se 356 […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het sy aansoeke vir die 2027-akademiese jaar geopen. Meer as vyf-duisend aansoeke is binne enkele ure ontvang. Aansoeke by universiteite sluit 31 Oktober en 30 September by kolleges vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het in Johannesburg gesê die […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku aanbevelings deur die Madlanga-kommissie kan teenkanting ervaar nadat die ondersoek afgehandel is. Fikeni het voor die kommissie gesê dit kan regshindernisse, beperkte hulpbronne, administratiewe prosesse of institusionele afhanklikhede insluit, eerder as algehele weiering om die aanbevelings uit te voer. Hy sê die sukses van ‘n kommissie […]
# Eskom sê sy opwekkingsvermoë verbeter steeds, met ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van 68-persent vir die boekjaar tot dusver, die hoogste vlak in ses jaar. Volgens die maatskappy het onbeplande kragonderbrekings afgeneem, terwyl sowat ses-duisend-200-megawatt se opwekkingskapasiteit ppr die afgelope drie jaar weer by die kragnetwerk gevoeg is. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê diesel-uitgawesl het ook met vyf-miljard-rand […]