# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het op sosiale media gesê hy verbied CNN, MSNBC en Politico uit die Withuis omdat hierdie nuuskanale volgens hom herhaaldelik fopnuus versprei. Hy waarsku ander nuuskanale kan dieselfde behandeling kry. Volgens Reuters is dit nog onduidelik hoe die verbod toegepas sal word. Joernaliste van die drie nuuskanale was ná […]
# ‘n Afgetrede regter van Kalifornië wat as beregter opgetree het, het Uber beveel om ongeveer 652-miljoen-rand aan die ouers van ‘n 23-jarige vrou te betaal wat dood is nadat ‘n Uber-bestuurder haar op ‘n snelweg afgelaai het. Emily Normandin-Parker was in 2023 saam met ‘n vriendin op pad huis toe na ‘n aand uit […]
# Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap sal in die komende seisoen steeds toelaat dat afrigters voor wedstryde privaat met skeidsregters vergader. Wêreldrugby se verbod op sodanige interaksie het Rassie Erasmus en Dave Rennie tydens die onlangse toetsreeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland frustreer en tot ‘n waarskuwing gelei dat afrigters die media kan gebruik om die skeidsregter […]
# Wetenskaplikes het ‘n nuwe wildekatspesie in Bolivia geïdentifiseer – die eerste lewende katspesie wat in meer as ‘n eeu formeel beskryf is. Die klein gespikkelde kat, wat as die “Tilcayo” bekend staan, leef in die Yungas-oerwoud waar die Andesgebergte en die Amasone-reënwoud mekaar ontmoet. Dit is kleiner as ‘n gemiddelde huiskat en weeg ongeveer […]
# Amerika, Denemarke en Groenland het ‘n ooreenkoms bereik wat Washington toelaat om sy militêre teenwoordigheid op die eiland aansienlik uit te brei. President Donald Trump sê die ooreenkoms sal ook verhoed dat teenstanders militêre basisse in Groenland vestig of sensitiewe beleggings daar maak sonder Amerikaanse goedkeuring. Reuters het vroeër berig Amerika en Denemarke is […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, is optimisties die geskil oor Amerikaanse visumbeperkings wat sekere Suid-Afrikaners raak, kan binnekort opgelos word. Amerika sê die beperkings is gemik op persone wat verbind word met sekere beleid wat verband hou met grond, ras en geweld. Didiza sê diplomatieke samesprekings tussen Pretoria en Washington duur […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, bevraagteken of Suid-Afrika se intelligensiedienste bedreigings van nasionale belange voldoende kan identifiseer. Fikeni het voor die Madlanga-kommissie gevra of intelligensie hoofsaaklik op eksterne bedreigings fokus, in plaas van op binnelandse risiko’s. Hy voer aan dat nasionale veiligheidsprioriteite duidelik geïdentifiseer en met toepaslike vlakke van ingryping, senioriteit, […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is in Washington vir ‘n reeks diplomatieke gesprekke ná die nuwe Amerikaanse visumbeperkings gemik op sekere Suid-Afrikaners. Lamola sal ‘n geleentheid van die Congressional Black Caucus Foundation bywoon en met lede van die Amerikaanse Kongres vergader voordat hy New York toe gaan vir die Verenigde […]