# ‘n Afgetrede regter van Kalifornië wat as beregter opgetree het, het Uber beveel om ongeveer 652-miljoen-rand aan die ouers van ‘n 23-jarige vrou te betaal wat dood is nadat ‘n Uber-bestuurder haar op ‘n snelweg afgelaai het. Emily Normandin-Parker was in 2023 saam met ‘n vriendin op pad huis toe na ‘n aand uit toe die bestuurder by ‘n snelweg stilgehou en die vroue gedwing het om uit te klim. Sy is daarna deur ‘n ander motor raakgery en het gesterf. Uber hou vol die regter was verkeerd om die maatskappy aanspreeklik te hou.
Uber word beveel om R652-miljoen aan familie te betaal ná ’n noodlottige voorval op snelweg