Skip to content

Nuwe wildekatspesie in Bolivia ontdek

# Wetenskaplikes het ‘n nuwe wildekatspesie in Bolivia geïdentifiseer – die eerste lewende katspesie wat in meer as ‘n eeu formeel beskryf is. Die klein gespikkelde kat, wat as die “Tilcayo” bekend staan, leef in die Yungas-oerwoud waar die Andesgebergte en die Amasone-reënwoud mekaar ontmoet. Dit is kleiner as ‘n gemiddelde huiskat en weeg ongeveer 1,4-kilogram. Genetiese toetse het bevestig dis ‘n nuwe spesie, nadat navorsers 38 tierkatte van regoor Suid-Amerika bestudeer het. Volgens wetenskaplikes is daar min bekend oor die skugter dier, waarvan die habitat deur ontbossing en mynbou bedreig word.