# Reddingsoperasies in Nepal is hervat nadat dit vroeër gestaak is, met die owerhede wat spesialishulp soek te midde van ‘n stygende dodetal. Meer as 600 mense is dood en byna drie-duisend word steeds vermis in Nepal en Tibet, insluitend meer as 500 buitelandse burgers. Die bedreiging van verdere oorstromings bemoeilik egter die soektog. ‘n […]
# Rugby: Die Pumas is deur na die Curriebeker-halfeindronde na ‘n oorwinning van 52-26 oor die Cheetahs op die Mbombela-stadion. Die gashere het die kragmeting oorheers met agt drieë teenoor vier en met rustyd met 28-7 voorgeloop. Die Pumas het ‘n bonuspunt-oorwinning nodig gehad om hul plek in die laaste vier te verseker, en het […]
# Rugby: Suid-Afrika se oorwinning van 33-26 oor Nieu-Seeland in Kaapstad het die reeks van vier toetse gelyk gemaak met een-elk. Die Bokke het goed herstel na verlede naweek se 33-16-nederlaag en was teen rustyd 24-14-voor, maar moes ‘n laat aanslag deur die All Blacks afweer. Siya Kolisi het na sy besering teruggekeer met ‘n […]
# Die Mededingingskommissie het die aanstelling van Bukhosibakhe Majenge en Tamara Mokoka as adjunk-kommissarisse van die Kommissie verwelkom, wat Dinsdag 1 September in werking tree. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die aanstellings aangekondig. ‘n Woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê albei is institusioneel ontwikkelde leiers wie se loopbane oor baie jare deur […]
# SAFTU het die regering en die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding versoek om die transformasie van die hoëronderwyssektor te prioritiseer. Statistiek toon 39,7-persent van die professore aan die Universiteit van Kaapstad is wit, 39,3- persent is buitelandse burgers, terwyl Afrika-, bruin en Indiese professore saam slegs 22,6-persent uitmaak. Asive Dyani van SAFTU sê […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se jongste kwartaallikse polisiemisdaadstatistiek bied geen rede vir selfvoldaanheid nie. Tussen April en Junie vanjaar is vyf-duisend-427 mense in Suid-Afrika vermoor. Kontakmisdaad het met 2,3- persent afgeneem, terwyl die aantal moorde met 5,9-persent gedaal het. Bennie van Zyl van TLU SA sê egter die regering kan nie […]
# n Agtjarige seun wat Nepal se verwoestende vloede oorleef het deur in ‘n woud in te hardloop en in bome te klim, is met sy ma herenig. Zoyal Ghale is uit die vloedgeteisterde Rasuwa-distrik gered met ‘n gebreekte been en beserings aan sy gesig, en toe per helikopter na die hospitaal in Kathmandu geneem. […]
# Rugby: Siya Kolisie sê die Springbokke kan moed skep uit vorige terugslae terwyl hulle voorberei vir vanmiddag se groot wedstryd teen die All Blacks net na vyf. Suid-Afrika is met een-nul agter in die reeks van vier toetse en moet wen om ‘n kans te staan om die Greatest Rivalry-trofee te wen. Kolisi, wat […]