# Die organisasie Women and Men Against Child Abuse sê sy kinderbeskermingsdienste in Ekurhuleni kan moontlik sluit weens vertraagde befondsing van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die organisasie het vir vyf maande geen subsidiebetalings ontvang nie, al het hy in Maart ‘n brief van goedkeuring vir befondsing ontvang. Sy Kidz Clinic in Boksburg het oor ‘n tydperk van 25 jaar reeds meer as 17-duisend kinders en hul versorgers bygestaan. Vincentia Dlamini van die organisasie waarsku berading, assesserings en hofbystand vir slagoffers van kindermishandeling kan geraak word indien die befondsing nie beskikbaar gestel word nie.
Kinderondersteuningsentrum in Gauteng mag moontlik sluit weens vertragings met befondsing