Skip to content

OUTA vra Parlement om onopgeloste kwessies op te volg tot daar opgetree word

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Parlement moet sy toesigwerk in daadwerklike verantwoordbaarheid omskep. Die organisasie verwelkom verhoogde komitee-aktiwiteit, toesigbesoeke en openbare deelname, maar sê vergaderings, vrae en verslae beteken min as daar nie doelbewys opgetree word nie. OUTA het ses hervormings voorgestel, waaronder ‘n toesigplan en ‘n toeganklike stelsel vir die publiek om die Parlement se bevindings en verbintenisse te monitor. Naailah Parbhoo van OUTA sê die Parlement moet aanbevelings en verbintenisse in die openbaar naspoor tot daar bewyse van optrede of afsluiting is.