# ‘n Adjunkdirekteur vir voorsieningskettingbestuur by die Stad Johannesburg, Jimmy Maluleke, asook vier direkteure en ingenieurs van TFM Industries, sal op 28 Oktober weer in die hof verskyn na hulle aangekla is van bedrog, diefstal en geldwassery. Die saak hou verband met ‘n tender van een-honderd-88-miljoen-rand wat in 2016 aan die maatskappy toegeken is vir die verskaffing van 40 gespesialiseerde brandweer- en reddingsvoertuie. Die Hawks beweer TFM het meer as een-honderd-72-miljoen-rand ontvang, maar slegs 15 voertuie gelewer. Die Palm Ridge-landdroshof het borgtog van tien-duisend-rand aan elk van die beskuldigdes toegestaan.
Voorsieningskettingbeampte van Stad Johannesburg en vier ander weer in Okt in hof oor bedrog, geldwassery