# Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem en drie ander noodlottig gewond tydens operasies wat gevolg het ná die moord op twee polisiebeamptes in Libode in die Oos-Kaap gister. Adjudant-offisier Thando Magoxo en konstabel Ntlahla Tyhali het reageer op ‘n diefstal-voorval in ‘n spazawinkel toe hulle doodgeskiet en hul vuurwapens gesteel is. Die […]
# ‘n Hongaarse gay paartjie wat al vyf jaar probeer om ‘n kind aan te neem, hoop op ‘n deurbraak na eerste minister Peter Magyar begin het om beperkings deur die voormalige leier Viktor Orban om te keer. Bence Lakatos en Jozsef Vanyovszki sê daar was vooroordele met hul aansoek. Lakatos is in Augustus amptelik […]
# ‘n Adjunkdirekteur vir voorsieningskettingbestuur by die Stad Johannesburg, Jimmy Maluleke, asook vier direkteure en ingenieurs van TFM Industries, sal op 28 Oktober weer in die hof verskyn na hulle aangekla is van bedrog, diefstal en geldwassery. Die saak hou verband met ‘n tender van een-honderd-88-miljoen-rand wat in 2016 aan die maatskappy toegeken is vir […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Parlement moet sy toesigwerk in daadwerklike verantwoordbaarheid omskep. Die organisasie verwelkom verhoogde komitee-aktiwiteit, toesigbesoeke en openbare deelname, maar sê vergaderings, vrae en verslae beteken min as daar nie doelbewys opgetree word nie. OUTA het ses hervormings voorgestel, waaronder ‘n toesigplan en ‘n toeganklike stelsel vir die publiek om […]
# CrisisOnCall sê motoriste moet waaksaam bly, ten spyte van ‘n afname van 18-persent in voertuigkapings. Die jongste misdaadstatistiek toon dat drie-duisend-811 kapings, of ongeveer 42 per dag, tussen April en Junie aangemeld is. Byna 58-persent van die gevalle het in Gauteng voorgekom. Ruan Vermaak van die organisasie raai motoriste aan om waaksaam te bly, […]
# Die organisasie Women and Men Against Child Abuse sê sy kinderbeskermingsdienste in Ekurhuleni kan moontlik sluit weens vertraagde befondsing van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die organisasie het vir vyf maande geen subsidiebetalings ontvang nie, al het hy in Maart ‘n brief van goedkeuring vir befondsing ontvang. Sy Kidz Clinic in Boksburg het […]
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het sy verbintenis tot die bekamping van geslagsgeweld en vrouemoord herbevestig. SALGA-leiers en personeel het tydens ‘n nasionale solidariteitsbyeenkoms in Pretoria kerse aangesteek ter nagedagtenis aan die vroue wie se liggame onlangs in Ekurhuleni gevind is. SALGA se uitvoerende hoof, Sithole Mbanga, sê die bekamping van geweld teen vroue verg […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê Al Ahli se sterbelaaide span skrik nie sy span af nie. Sundowns pak die Saoedi-Arabiese klub vanmiddag op Loftus Versfeld in die eerste ronde van die FIFA Afrika-Asië-Stille Oseaan-beker. Cardoso sê die uitslag sal afhang van die span se vertoning, moeite en konsentrasie. Sundowns is nog […]