# Motorsport: Lando Norris het sy McLaren-kontrak tot minstens die einde van 2030 verleng en hom verbind tot die span vir die afsienbare toekoms. Die 26-jarige Brit het in 2017 as toetsbestuurder by McLaren aangesluit en twee jaar later sy Formule Een-debuut gemaak. Norris het sedertdien 13 Grands Prix gewen, 18 keer eerste weggespring en […]
# Die burgerlike beweging, Soil of Africa, sê Suid-Afrika se groei in die toerismesektor moet nou regstreeks aanleiding gee tot grootskaalse werkskepping. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het aangekondig Suid-Afrika het 991-duisend-696 internasionale toeriste in Julie 2026 verwelkom, wat ‘n toename van 12,5 persent verteenwoordig in vergelyking met Julie 2025. Tussen Januarie en […]
# Tennis:: Novak Djokovic sê hy is voorbereid vir sy jongste poging om tennisgeskiedenis te maak by die Amerikaanse Ope, waar hy ‘n rekord 25ste Grand Slam-titel wil verower. Die 39-jarige het die laaste vier of beter gehaal in ses van die afgelope sewe groot toernooie, maar nog nie een gewen sedert hy die Amerikaanse […]
# Die Interministeriële Komitee oor Plaaslikeregeringsverkiesings het alle Suid-Afrikaners versoek om versigtig te wees en nie demokrasie tydens die verkiesing met enige tipe geweld te ondermyn nie. Die departementele woordvoerder van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Pearl Maseko-Binqose, sê die Verkiesingskommissie se navorsingsverslag verskaf inligting oor die sienings en gedragsvoorkeure van volwasse Suid-Afrikaners om die […]
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum erken die uitspraak deur president Cyril Ramaphosa tydens die ANC-verkiesingsveldtog in Soweto dat kerke ruimte vir aanbidding binne openbare skole gegun moet word. Die forum se president, Marothi Mashashane, is egter versigtig. Hy hoop die verklaring is ‘n opregte verbintenis tot godsdiensvryheid en gemeenskapsopheffing, eerder as ‘n blote veldtogstrategie om […]
# Ysland het begin met die tel van stemme in ‘n referendum oor die vraag of gesprekke oor lidmaatskap van die Europese Unie heropen moet word. Die uitslag kan nie voorspel word nie; die verskil is te klein. Vroeë uitslae gee die “ja”-veldtog ‘n noue voorsprong, maar “nee”-stemme het oornag met die telling ingestroom. Die […]
# Sokker: Orlando Pirates is deur na die MTN8-einstryd ná hul ‘n 3-0 oorwinning oor Sekhukhune United op die Orlando-stadion. Danksy doele in die eerste helfte deur Thapelo Mokobodi en Ghampani Lungu, asook ‘n laat doel deur Kamogelo Sebelebele, kon die Buccaneers hul 1-0-voordeel uit die eerste been in Polokwane verder vergroot. Die verdedigende kampioene […]
# Cosatu doen ‘n beroep op die Departement van Werkskepping en Arbeid en die Nasionale Tesourie om die werwing van die beloofde tienduisend arbeidsinspekteurs te bespoedig. Die Federasie is diep bekommerd oor die vertragings in die regering se nakoming van hierdie progressiewe verbintenis wat deur president Cyril Ramaphosa in die Staatsrede in Februarie vanjaar aangekondig […]