# Die adjunkvoorsitter van die Unity Forum of Family Practitioners, Angelique Coetzee, vra waaksaamheid te midde van ‘n toename in A-pokke-gevalle, maar waarsku teen onnodige paniek. Coetzee het aan die SABC gesê enigiemand wat aan die virus blootgestel is of simptome soos koors, pynlike uitslae of blasies, kouekoors en geswelde limfkliere ontwikkel, moet onmiddellik mediese hulp kry. Sy versoek ook mense wat blootgestel is om hulself af te sonder vir tot 21 dae om verdere verspreiding te help voorkom:
Coetzee vra vinnige behandeling namate A-pokke toeneem [KLANK]
ENG-CoetzeeOnMpox