# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê verskeie aankoop-transaksies in die Metro se 2025/26 jaarverslag met betrekking tot die 2026 Stadsrede moet verder ondersoek word. Volgens die verslag is Roadshow Marketing, ‘n maatskappy wat besit word deur Arthur Mafokate, ‘n kontrak van ongeveer 562-duisend-rand toegeken vir die bevordering van die geleentheid. Mark Surgeon van die […]
# Rugby: Australië het ‘n oorwinning van 27-21 oor Argentinië in die eerste toets van hul reeks van twee wedstryde in Jujuy behaal. Die Wallabies het vroeg met 12-0 voorgeloop en was met rustyd 22-14 voor, voordat die Pumas sterk teruggeveg het. Australië het hul voorsprong met ‘n vierde drie vergroot en toe laat in […]
# Koning Haakon die Agtste het hulde gebring aan sy “liewe vader”, koning Harald die Vyfde, in sy eerste toespraak as Noorweë se nuwe heerser. Haakon het sy vader beskryf as ‘n warm gesinsman en hervormer en sy toewyding aan insluiting en deernis geprys. Tienduisende rouklaers het by die koninklike paleis in Oslo vergader, waar […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die verlenging van die registrasiedatum vir rooivleisuitvoere is van kritieke belang vir internasionale markte. Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n verlenging van die registrasiedatum tot 31 Desember 2026 aangekondig vir plase en voerkrale wat rooivleis aan die Verenigde Arabiese Emirate lewer. Bennie van Zyl van TLU SA […]
# Eskom het aangekondig hy het sy afhanklikheid van kragopwekking deur van diesel gebruik te maak, met 82,38-persent verminder het. Hy het op ‘n jaargrondslag 4,89-miljard-rand gespaar, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Daphne Mokwena, sê die strukturele en operasionele verbeterings versterk Suid-Afrika se energiesekerheid deur betroubaarder en doeltreffender kragvoorsiening, […]
# China se voorste geheueskyfievervaardiger, ChangXin Memory Technologies, bekend as CXMT, het die Amerikaanse Departement van Verdediging gedagvaar omdat hulle op ‘n lys van maatskappye geplaas is wat Washington glo China se weermag ondersteun. CXMT sê hulle het geen bande met die Chinese weermag nie en hul skyfies word vir burgerlike en kommersiële doeleindes aangewend. […]
# Motorsport: Lando Norris het sy McLaren-kontrak tot minstens die einde van 2030 verleng en hom verbind tot die span vir die afsienbare toekoms. Die 26-jarige Brit het in 2017 as toetsbestuurder by McLaren aangesluit en twee jaar later sy Formule Een-debuut gemaak. Norris het sedertdien 13 Grands Prix gewen, 18 keer eerste weggespring en […]