Skip to content

Vlamme en rook naby Riyad-lughawe, Houthi-rebelle aanvaar aanspreeklikheid vir aanvalle

# Vlamme en pluime swart rook is naby Riyad se hooflughawe opgemerk nadat Saoedi-Arabië oornag waarskuwings uitgereik het oor moontlike lugaanvalle. Houthi-rebelle in Jemen het later beweer hulle het sensitiewe teikens in die hoofstad met missiele en hommeltuie aangeval. Foto’s deur Reuters wys die vlamme agter brandstofopgaartenks naby die King Khalid Internasionale Lughawe. Saoedi-Arabië se burgerlike beskermingsdienste het later aangedui die gevaar is verby. Die Houthi-rebelle het ook aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n aanval op ‘n Aramco-aanleg in die Rooisee-hawestad Yanbu.