# Die Gautengse provinsiale regering het bevestig dat hy geen rol gespeel het in die aankoop, befondsing of verkryging van die Stad Johannesburg se 41 ambulanse nie. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê hierdie voertuie is in 2019 deur die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste aangekoop. Hy sê die provinsiale Departement van Gesondheid het in 2009 met die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê hulle sal nou ‘n gedetailleerde program ontwikkel vir die verwerking van die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, algemeen bekend as die Munisipale Koalisiewetswetsontwerp. Die wetsontwerp is daarop gemik om ‘n wetgewende raamwerk te bied vir die vestiging en doeltreffende funksionering van koalisieregerings in plaaslike regerings. […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het meer as 222-miljoen-rand aan ses universiteite betaal vir die Funza Lushaka-onderwysbeursprogram. Die betaling dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. Die universiteite is nou verantwoordelik vir die oordrag van die geld aan studente. Nog 296-miljoen-rand is vir verwerking in September oorbetaal. Meer as ‘n halfmiljard-rand […]
# Die Stad Kaapstad sê meer as tweeduisend lyfkameras is reeds in gebruik deur die Stad se wetstoepassingdienste. Die huidige bestelling van bykomende lyfkameras sal Kaapstad se totaal op drieduisend toestelle te staan bring. Die kameras is onder die toerusting wat die Stad se Veiligheids- en Sekuriteitsdirektoraat in onlangse jare bekendgestel het as deel van […]
# Die Valke het ‘n 37-jarige verdagte in hegtenis geneem wat verbind word met die Tembisa-hospitaalkorrupsiesaak van 635-miljoen-rand. Hy is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, in hegtenis geneem met sy terugkeer uit die buiteland. Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagte is deel van die ingewikkelde ondersoek na die multimiljoenrand-tenderbedrogsaak. Sy sê […]
# Die vakbondfederasie, SAFTU, sê die regering kon nie daarin slaag om één van die tienduisend bykomende permanente arbeidsinspekteurs te werf nie. In Februarie het president Ramaphosa gesê die regering sal gedurende die jaar ‘n bykomende tienduisend arbeidsinspekteurs werf om arbeids- en immigrasiewette af te dwing en werkgewers se onwettige indiensnemingspraktyke aan te spreek. […]
# ‘n Vier-en-veertigjarige gesoekte verdagte, Alfred Magoa, wat na bewering met 34 verkragtingsake verbind word, is in GaRankuwa, Tshwane, in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die GaRankuwa-landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê die verdagte is gesoek in verband met verskeie verkragtingsake wat tussen 2008 en 2016 in en om Klipgat, Ga-Rankuwa, Loate […]
# Die Forum for South Africa verwelkom die gesamentlike werkswinkel tussen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en universiteite om uitdagings te bespreek wat die Funza Lushaka Onderwysersbeursprogram raak. Die skema het 222,6-miljoen-rand aan ses universiteite onder die program betaal en dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. NSFAS sê ‘n beduidende aantal […]
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het […]