# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie waarsku teen ‘n bedrieër wat die naam en foto van die waarnemende direkteur van ondersoeke, advokaat Ntuthuzelo Vanara, gebruik om vertroulike inligting te bekom. Woordvoerder, Henry Mamothame, sê die telefoonnommer wat gebruik word, behoort nie aan Vanara nie en die saak sal na die polisie verwys word. Mense word versoek […]
# Belangegroepe in die staalbedryf versoek die regering om belastingkortings op ingevoerde langstaalprodukte te versnel nadat tekorte ontstaan het sedert ArcelorMittal Suid-Afrika gesluit het. ‘n Algemene invoerheffing van tien-persent is in Mei op langstaalprodukte ingestel, terwyl van die strukturele staal uit China en Thailand aan bykomende teenstortingstariewe onderhewig is. Die bedryfshoof van XA Global Advisors, […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die proses uitgebrei om verkeersregisternommers wat tussen Januarie 2000 en Junie 2023 aan individue uitgereik is, te bevestig. Fase Een-B is gemik op die oorblywende verkeersregisternommers wat nog bevestig moet word, ná ‘n gesamentlike proses met Binnelandse Sake. Houers van dié nommers het 60 dae om op […]
# Vroueleiers en beroepslui in die verdedigingsbedryf gebruik die Africa Aerospace and Defence Trade Exhibition and Air Show in Pretoria om opnuut te vra vir meer beskerming te midde van Suid-Afrika se geslagsgeweld en vrouemoord-krisis. Nege vroue is sedert Julie in Ekurhuleni vermoor. Deelnemers het die slagoffers met ‘n oomblik van stilte onthou en gevra […]
# Die 2026-verslag oor klein-, medium- en mikro-ondernemings toon Suid-Afrika se klein ondernemings oorleef, maar sukkel om uit te brei. Die studie is deur Shoprite geborg en kyk na 800 ondernemings, met 32,1-persent wat langer as 20 jaar bestaan. Twee-en-veertig-persent beskryf hul ondernemings as groeiend, terwyl 56,9-persent sê toegang tot markte bly hul grootste struikelblok. […]
# Die Sportraad van Rhodes-universiteit in die Oos-Kaap sê mense wat skuldig is aan geslagsgeweld en vrouemoord moet aanspreeklik gehou word, nie die slagoffers nie. Die raad se voorsitter, Sue Smailes, het tydens ‘n studente-geleide optog gepraat oor die dood van nege vroue in Ekurhuleni. Sy sê daar word dikwels van slagoffers verwag om hul […]
# Anthropic het stilweg ‘n biologie-laboratorium in die San Francisco-baaigebied gevestig terwyl hy sy gebruik van KI in lewenswetenskappe uitbrei. Reuters berig die onderneming stel bioloë en biochemici aan en wil KI gebruik om navorsing te doen oor seldsame siektes en toestande wat dikwels min aandag kry. Die stap volg ná vroeëre waarskuwings dat toenemend […]
# Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, vra gemeenskappe om die stilte wat oortreders van geslagsgeweld beskerm te verbreek. De Lille het tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Athlone, Kaapstad gesê sterker samewerking tussen gemeenskappe en die polisie is nodig om geslagsgeweld te bekamp. Sy sê inwoners en wetstoepassingsowerhede moet […]
# ‘n Vier-en-twintig-jarige vrou wat verkeerdelik as die negende slagoffer in die Ekurhuleni-moorde geïdentifiseer is, leef nog. Newzroom Afrika berig Teballo Monamodi het gister veilig teruggekeer na haar huis in Vosloorus. Daar is vroeër berig Monamodi is die slagoffer nadat haar gesin haar in die staatslykshuis uitgeken het. Die negende liggaam wat vroeër hierdie week […]