# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie waarsku teen ‘n bedrieër wat die naam en foto van die waarnemende direkteur van ondersoeke, advokaat Ntuthuzelo Vanara, gebruik om vertroulike inligting te bekom. Woordvoerder, Henry Mamothame, sê die telefoonnommer wat gebruik word, behoort nie aan Vanara nie en die saak sal na die polisie verwys word. Mense word versoek om waaksaam te wees en nie inligting met die bedrieër te deel nie. Die direkoraat sê Vanara bly gefokus op hervormings gemik op die herstel van vertroue in openbare instellings en om die stryd teen korrupsie te versterk.
Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie waarsku teen bedrieër wat hom as Vanara voordoen