# Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, vra gemeenskappe om die stilte wat oortreders van geslagsgeweld beskerm te verbreek. De Lille het tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Athlone, Kaapstad gesê sterker samewerking tussen gemeenskappe en die polisie is nodig om geslagsgeweld te bekamp. Sy sê inwoners en wetstoepassingsowerhede moet saamwerk om veiliger gemeenskappe te skep en te verseker oortreders word aanspreeklik gehou. Die GOOD-party werf steun in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.
De Lille vra gemeenskappe om stilte oor geslagsgeweld te verbreek