# Belangegroepe in die staalbedryf versoek die regering om belastingkortings op ingevoerde langstaalprodukte te versnel nadat tekorte ontstaan het sedert ArcelorMittal Suid-Afrika gesluit het. ‘n Algemene invoerheffing van tien-persent is in Mei op langstaalprodukte ingestel, terwyl van die strukturele staal uit China en Thailand aan bykomende teenstortingstariewe onderhewig is. Die bedryfshoof van XA Global Advisors, Pieter du Plessis, sê ondernemings meld lae voorraadvlakke of geen voorraad aan, asook vertragings in verskepings. Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie van Suid-Afrika sê nuwe voorsiening vir heffingskortings sal na verwagting vir openbare kommentaar gepubliseer word.
Staalbedryf vra dringende verligting van invoerheffings