# Rugby: Die Springbokke en Fidji sal teen mekaar speel in hul laaste voorbereidingswedstryd voor die 2027 Rugbywêreldbeker-toernooi in Australië. Die toets vind op 18 September volgende jaar in Gosford, noord van Sydney, plaas, net meer as twee weke voor Suid-Afrika sy titelverdediging teen Italië begin. Dit is die twee lande se vierde ontmoeting met Fidji wat in 2023 die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi bereik het. Rassie Erasmus sê Fidji is een van die top-10-spanne en ‘n kragtige laaste toets voor die toernooi begin.
Rugby: Springbokke pak Fidji voor 2027-Wêreldbeker-toernooi