Skip to content

VN doen ’n beroep op verskerpte optrede teen Suid-Afrika se geslagsgeweldkrisis

# Die Verenigde Nasies in Suid-Afrika sê hy is diep besorg oor die onlangse moorde op verskeie vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Die VN het gevra vir ‘n spoedige en deeglike ondersoek en vra die skuldiges moet aanspreeklik gehou word. Daar word ook gevra vir strenger maatreëls om geweld te voorkom, vroue te beskerm en toegang tot geregtigheid te verbeter. Volgens die VN is die moorde ‘n aanduiding van die voortgesette bedreiging van geslagsgeweld en vrouemoord vir vroue en meisies.