# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, ondersteun oproepe vir optrede teen individue en organisasies wat daarvan beskuldig word dat hulle waninligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee, Supra Mahumapelo, het wetgewing voorgestel wat dit moontlik maak dat mense van hul Suid-Afrikaanse burgerskap gestroop kan […]
# Die Stad Kaapstad het ‘n gespesialiseerde taktiese-eenheid van stapel gestuur om vinnig te reageer op ernstige en hoërisiko-misdaad. Die eenheid sal voorvalle soos bendegeweld, afpersing en massaskietery hanteer. Dit is toegerus met ‘n gepantserde voertuig, nagsig- en hitte-opsporingstegnologie, sowel as gespesialiseerde vuurwapens en taktiese toerusting. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die eenheid sal gemeenskappe […]
# Die Polokwane-landdroshof het borgtog van 60-duisend-rand elk aan Rirhanzu Tibana en Jabulani Maluleke toegestaan in ‘n saak van bedrog en geldwassery ter waarde van elf-miljoen-rand uit bestorwe boedels. Die beskuldigdes sal op 6 November by die eerste twee beskuldigdes, Charlotte Tibana en haar man, Peter “Gagash” Nonyane, aansluit. Hulle staan tereg op 101 aanklagte, […]
# Umalusi se uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sê ‘n vraestel wat verlede jaar uitgelek het, het aanleiding gegee tot strenger veiligheidsprotokolle. Amptenare wat by die eksamen betrokke is, moet verklaar of hul nabye familielede eksamen skryf en word dan gekeur. Rakometsi sê vraestelle wat op rekenaars gestoor word, moet daagliks verwyder en deur aangewese amptenare […]
# AfriForum sal aanhou om die saak oor die moord op die Suid-Afrikaanse Lugmag-sersant Michael Swanton dop te hou. Die Pretoriase Landdroshof het die saak teen Thabang Eugene Sohole en Michael Makampe tot 2 November uitgestel vir oorplasing na die Streekhof. Jacques Broodryk van AfriForum sê Swanton is in Januarie in Pretoria-Noord doodgeskiet toe hy […]
# Die raad vir gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die drukwerk, bewaring en […]
# Die aanlyn verblyfplatform LekkeSlaap is aan ‘n beleggersgroep verkoop wat Investec en die privaat beleggingskantore van FirstRand se medestigters, GT Ferreira en Laurie Dippenaar, insluit. News24 berig die transaksie is vir ‘n onbekende bedrag beklink. Die medestigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, tree uit, terwyl uitvoerende hoof Frans Joubert en die bestaande […]