# Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee sê Carson word vereer […]
# News24 het ‘n aanmaningsbrief aan March and March se leier, Jacinta Ngobese-Zuma, gerig nadat sy die ondersoekende joernalis, Khaya Koko, se selfoonnommer op Facebook geplaas het. Die nuusplatform sê Koko het sedertdien meer as ‘n honderd dreigende oproepe en boodskappe ontvang, insluitend ‘n doodsdreigement. Die organisasie eis dat Ngobese-Zuma die plasing verwyder, Koko om […]
# Volgens ‘n waarnemingsverslag wat Reuters onder oë gehad het, is ‘n Chinese vissersboot, wat deel is van die land se maritieme militêre mag, vir die eerste keer aan die ooskus van Taiwan opgemerk. Die vaartuig het in Augustus langs ‘n Chinese kuswagboot en ‘n navorsingskip naby Hualien gevaar. Taiwan sê die bote was betrokke […]
# Britanje se Konsulaat-generaal in Oos-Jerusalem gaan voortaan as die Britse-sending in Jerusalem bekend staan na Israel gelas het die konsulaat moet gesluit word. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê die gebou sal oop bly en steeds noodsaaklike dienste lewer en saam met Palestyne werk. Twintig Britse diplomate, insluitend die konsul-generaal, sal […]
# Britse owerhede het ‘n 22-jarige man op borgtog vrygelaat nadat hy aangekeer is vir vermeende terreurdade wat verband hou met ‘n komplot teen die Lugmagbasis Fairford. Hy is Dinsdag in Londen aangekeer. Ses ander mans wat voorheen in verband met die saak in hegtenis geneem is, het ook borgtog gekry. Amerikaanse amptenare sê die […]
# Die mynbousektor in Suid-Afrika vra sterker vennootskappe tussen sake-ondernemings en die regering om munisipale dienste te verbeter en bekwame plaaslike administrasies te vestig. Kenners het op die Johannesburgse Indaba 2026 gewaarsku vaardigheidstekorte, korrupsie en politieke onbestendigheid ondermyn munisipaliteite. Sakeleiers sê mynondernemings moet munisipaliteite ondersteun sonder om plaasvervangers vir die Staat te word. Hul vra […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê Eskom se verbeterde opwekkingsprestasie en meer as 500 dae sonder beurtkrag, danksy die voortgesette operasionele en finansiële herstel is bemoedigend, maar dit moet alle gemeenskappe bereik. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê baie huishoudings en ondernemings ervaar steeds lasvermindering, onderbrekings in kragverspreiding en en beskadigde infrastruktuur: