Nuus 14:00
BULLETIN 8 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Exporters Western Cape vra staatsingryping weens dalende uitvoere na Amerika
# Binnelandse Sake versterk sy bedrywighede ná die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielsoekers
# En motorsport: Bottas ry 350-kilometer per fiets na die Grand Prix in Singapoer
# Exporters Western Cape vra dringende ingryping op hoë vlak om Suid-Afrika se betrekkinge met Amerika te bestendig en waarsku verdere verswakking kan gevestigde uitvoerondernemings in gevaar stel. Voorsitter Terry Gale sê toenemende openbare meningsverskille tussen die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell, skep verdere onsekerheid vir uitvoerders. Dit volg te midde van ‘n afname in Wes-Kaapse uitvoere na Amerika. Gale sê uitvoere het afgeneem van sowat 17,31-miljard-rand in 2024 tot 14,51-miljard-rand verlede jaar – ‘n daling van 16,2-persent.
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vra intussen die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die suikerbelasting te skrap in sy middeltermyn-begrotingsbeleid op 21 Oktober. Die vereniging sê die heffing bedreig die suikerwaardeketting met suikerriet-aflewerings wat dié seisoen met 18-persent gedaal het. Hy sê kwekers het ook te doen met buitelandse suiker-invoere en onsekerheid rondom die suikerreus Tongaat Hulett. Die vereniging voer aan die verwydering van die heffing sal beleidsekerheid verskaf en beleggings in die bedryf ondersteun.
# Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering is besig om sy bedryfsriglyne aan te pas ná die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielsoekers. Vlugteling-ontvangskantore moet aansoeke aanvaar van mense wat asiel aanvra, ongeag sekere prosedures wat moontlik nie nagekom is nie. Die regering beplan om vermoë uit te brei, biometriese keuring te verbeter, asielbesluite te bespoedig en bedrog hok te slaan. Kubayi het aangekondig die Spesiale Ondersoekeenheid sal ook betrek word:
# Die GOOD-party se gewese raadslid in Tshwane, Sarah Mabotsa, veroordeel RISE Mzansi se voortgesette gebruik van haar naam en foto’s in sy verkiesingsveldtog. Sy is as raadslid verwyder oor bewerings dat sy GOOD se grondwet oortree het. Die party se samewerkingsooreenkoms met RISE Mzansi beteken Mabotsa is onttrek as burgemeesterskandidaat. Sy sê die voortgesette gebruik van haar foto kan kiesers mislei en laat glo sy is steeds ‘n kandidaat vir Rise Mzansi:
# Motorsport: Cadillac se Formule Een-renjaer, Valtteri Bottas, is per fiets op pad van Maleisië na Singapoer in die aanloop tot die Grand Prix van dié naweek. Die 37-jarige Fin het besluit om die roete van 350-kilometer per fiets af te lê eerder as om te vlieg of te bestuur. Bottas, ‘n ywerige fietsryer, verwag dat die tog drie dae sal duur en dokumenteer dit aanlyn; hy ry selfs deur die nag. Hy word vandag in Singapoer verwag vir mediaverpligtinge, terwyl die oefening vir die Grand Prix môre begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-68-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 22-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-779-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-116-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….