Skip to content

Konsulaat in Jerusalem word Britse-sending soos diplomate vertrek

# Britanje se Konsulaat-generaal in Oos-Jerusalem gaan voortaan as die Britse-sending in Jerusalem bekend staan na Israel gelas het die konsulaat moet gesluit word. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê die gebou sal oop bly en steeds noodsaaklike dienste lewer en saam met Palestyne werk. Twintig Britse diplomate, insluitend die konsul-generaal, sal Israel verlaat, terwyl sewe diplomate in die sending aanbly. Die geskil volg op Brittanje se besluit om sanksies teen Israeliese nedersettings in die besette Wesbank in te stel. Brittanje sê hy sal nie soortgelyke stappe teen Israelse diplomate doen nie.