# Die Burgerlike Samelewingsforum van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad het die moord op nege vroue in Ekurhuleni veroordeel en sê dit beklemtoon die ernstige en voortslepende geslagsgeweld en vrouemoord in die land. Kemptonpark is tans ingeperk terwyl ondersoeke na die moorde voortgaan. Die forum se woordvoerder, Karabo Makgato, vra ʼn dringende veiligheidsbepaling in gebiede waar vroue […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie versoek om Suid-Afrika handelsbeleid oor papierprodukte te hersien. Dit volg op versoeke van plaaslike vervaardigers vir hoër pryse vir internasionale papierprodukte aangesien hulle sukkel om mee te ding met goedkoper ingevoerde produkte, hoër elektrisiteit en vervoerkoste, en druk op winsgrense. Tau […]
# Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika het tussen 14 Augustus en 17 September een onbevestigde en 18 bevestigde a-pokke-gevalle gehad. Vyftien gevalle is in Kaapstad aangeteken, drie in Gauteng, en die onbevestigde een in KwaZulu-Natal. Die betrokke individue is tussen 23 en 50 jaar oud. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, waarsku mense om […]
# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Pitso Mosimane, het sy finale groep van 30 aangekondig vir dié maand se Afrikabeker-kwalifiseerders teen Guinee in Johannesburg en Eritrea in Egipte. Dit bevat talle spelers van Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates, asook verskeie van Europese en Amerikaanse klubs. Themba Zwane, Cassius Mailula, Luther Singh en Shandre Campbell keer […]
# Survivors Unite moedig Suid-Afrikaners aan om vandag swart te dra ter herinnering aan die nege vroue wat reg oor Ekurhuleni vermoor is en alle vroue wat onder geweld ly. Die organisasie sê hierdie moorde is ‘n pynlike herinnering daaraan dat vroue in die land steeds onder die daaglikse werklikheid van geweld leef. Hy sê […]
# ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missielaanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab en ʼn sportkompleks in […]