# Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering is besig om sy bedryfsriglyne aan te pas ná die Konstitusionele Hof-uitspraak oor asielsoekers. Vlugteling-ontvangskantore moet aansoeke aanvaar van mense wat asiel aanvra, ongeag sekere prosedures wat moontlik nie nagekom is nie. Die regering beplan om vermoë uit te brei, biometriese keuring te […]
# Exporters Western Cape vra dringende ingryping op hoë vlak om Suid-Afrika se betrekkinge met Amerika te bestendig en waarsku verdere verswakking kan gevestigde uitvoerondernemings in gevaar stel. Voorsitter Terry Gale sê toenemende openbare meningsverskille tussen die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell, skep verdere onsekerheid vir uitvoerders. […]
# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die suikerbelasting te skrap in sy middeltermyn-begrotingsbeleid op 21 Oktober. Die vereniging sê die heffing bedreig die suikerwaardeketting met suikerrietaflewerings wat dié seisoen met 18-persent gedaal het. Hy sê kwekers het ook te doen met buitelandse suiker-invoere en onsekerheid rondom die suikerreus Tongaat […]
# Die regering beplan om ‘n nuwe kommissie onder voorsitterskap van president Cyril Ramaphosa te stig om staatsbeheerde ondernemings te bestuur. Die minister in die Presidensie, Gwen Ramokgopa, sê die kommissie sal die nasionale strategie vir staatsondernemings hersien, bestuur en toesig hou oor herstrukturering om doeltreffendheid te verbeter. Dit volg nadat die Departement van Beplanning, […]
# ‘n Aardbewing met ‘n meting van 5,7 het die suidelike Filippyinse eiland Mindanao getref. Die Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskap sê dit het op ‘n lae diepte van tien kilometer voorgekom. Die Filippyne se seismologie-agentskap, Phivolcs, sê beduidende skade word nie verwag nie, maar na-skokke is moontlik. Die owerhede monitor die situasie vir verdere seismiese […]
# Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering respekteer die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielaansoeke, maar is bekommerd oor onbedoelde gevolge. Sy het die media toegespreek ná die komitee se vergadering. Kubayi sê die uitspraak wettig nie onwettige migrasie nie en verleen ook nie outomaties vlugtelingstatus of permanente verblyfreg nie. […]
# Sokker: Die voormalige Switserse verdediger Ramon Vega beplan om die president van die wêreldbeheerliggaam FIFA, Gianni Infantino, uit te daag wanneer hy in Maart vir ‘n vierde termyn staan. Die 55-jarige het in 2004 uitgetree ná 23 wedstryde vir sy land en 315 klubwedstryde. Vega werk sedertdien in die finansiële sektor. Hy het Infantino […]