# Die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, het beraadslaging oor sy voorlopige verslag van 790 bladsye afgehandel. Dit sluit bewerings in dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu wat op spesiale verlof is, omkoopgeld ontvang het; Vusimuzi “Cat” Matlala se beweerde kontantbetalings aan oudminister van Polisie, Bheki Cele; en die toekoms van die Ondersoekdirektoraat […]
# Die Metropolisiedepartement in Ekurhuleni het gisteraand gekeer dat ʼn vrou in Tembisa gekaap word. Beamptes was besig met roetine-patrollies in Link-weg tussen Esselen en Liliba, toe hulle ʼn jong vrou om hulp hoor skree. Die polisiewoordvoerder, Thabiso Makgato, sê die 27-jarige vrou het aan die polisiebeamptes gesê vier mans in ʼn wit Toyota Avanza […]
# Rugby: Die voormalige All Black-kaptein, Scott Barrett, keer die eerste keer sedert November 2025 terug na die beginspan vir Saterdag se Bledisloebeker-toets teen Australië in Auckland. Sy broer, Beauden, vervang die beseerde Richie Mo’unga. Codie Taylor voer die span aan, terwyl Shannon Frizell op die bank wag vir sy eerste toets sedert die Wêreldbeker-eindstryd […]
# Die Gautengse regering veroordeel die moord op ʼn vier maande oue baba en die beweerde verkragting van ʼn ma in Atteridgeville, Tshwane. Volgens die polisie het ʼn pastoor en sy vrou die ma onder voorwendsel om ʼn ritueel uit te voer, na die Hennopsrivier gelok. Die ma is vasgebind en na bewering verkrag voor […]
# New York se federale aanklaers beplan volgens berigte om nuwe aanklagte teen die voormalige president van Venezuela, Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, in te dien. Dit hou verband met die beweerde marteling van meer as 10 Amerikaners wat onder Maduro se bewind verkeerdelik aangehou is. Matthew Heath en Osman Khan beweer hulle […]
# City Power se waarnemende hoof, Charles Tlouane, vra gemeenskappe se hulp om elektrisiteit-infrastruktuur te beskerm te midde van wydverspreide kabeldiefstal, vandalisme en onwettige verbindings in die Stad Johannesburg. Die kragverskaffer het in die 2025/2026-boekjaar meer as ʼn duisend infrastruktuur-verwante voorvalle hanteer en 280 verdagtes is aangekeer. Tlouane waarsku die gaping tussen inkomste uit elektrisiteit, en […]