# Die Stad Kaapstad sê hy het oor die afgelope vyf boekjare, van 2021/2022 tot 2025/2026, meer as 203-duisend tydelike werksgeleenthede deur middel van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram geskep. Die geleenthede is in al die departemente en direktorate van die metro gebied en het operasionele openbare werksprojekte sowel as doelgerigte inisiatiewe vir vaardigheidsontwikkeling ingesluit. Theresa Uys, […]
# Die regering se Ekonomiese Groepering vra die publiek om inligting oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste te bevestig ná sosiale media-bewerings oor die uitwerking op vlugtelinge en asielsoekers. Die wetsontwerp wil die indiensneming van buitelandse burgers wettig reguleer en stel ‘n boete van 100-duisend-rand voor vir ‘n eerste oortreding van werkgewers wat onwettige buitelandse […]
# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, moedig slagoffers van huishoudelike geweld aan om na vore te kom en daaroor te praat sodat oortreders vervolg kan word. Die oproep kom nadat die provinsiale Hooggeregshof Duncan Hoorn tot lewenslange tronkstraf gevonnis het vir ontvoering, moord en regsverydeling. Hy is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, […]
# Die landbou-organisasie TLU SA sê dis tyd dat plaasaanvalle en -moorde die politieke en sekerheids-voorkeur kry wat die omvang en volgehoue aard daarvan regverdig. Dit volg na die onlangse moord op die 55-jarige Hannetjie van Zyl op haar plaas, Doornpan, in Noordwes. Bennie van Zyl van TLU SA sê 26 plaasaanvalle en drie plaasmoorde is […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid het gister besluit om nie die aanbieding oor die jaarverslag van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens te aanvaar nie. Dit volg nadat komiteelede eenparig kommer uitgespreek het oor die entiteit se versuim om geouditeerde finansiële state in te dien, gedurige nie-nakoming van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en ‘n […]
# Die Gautengse polisie het ‘n 24-jarige vrou van ‘n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op ‘n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur ‘n pastoor en sy vrou na die Hennopsrivier […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se besluit om Swart Ekonomiese Bemagtiging se Regsektor-kode in die Staatskoerant se publiseer, tersyde gestel. Die kode stel teikens vir swart eienaarskap en leierskap in regsfirmas, wil geleenthede vir swart vroue uitbrei en meer werk na regsfirmas in swart besit […]