# President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ontmoeting het […]
# Gholf: Die tweemalige Major-kampioen Jon Rahm het LIV Golf verlaat en beskou die voorwaardes wat vir die voorgestelde herbekendstelling van die wegbreekreeks as “onaanvaarbaar”. LIV is tans in die VSA onder bankrotskap na Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy befondsing onttrek het. Die liga het moontlike finansiering van BC Partners Credit verseker. Rahm se prokureur, […]
# Die MK-party sê sy leier, Jacob Zuma, se gesondheid is goed. Dit volg op berigte dat hy Dinsdag in die hospitaal opgeneem is nadat hy blykbaar siek geword het. Die koerant The Witness, in Pietermaritzburg, het berig dat ‘n ooggetuie gesien het hoe die voormalige president per ambulans na die hospitaal gebring en opgeneem […]
# President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades […]
# Die dodetal ná die minibus-taxi-ongeluk op die MR-385 in Cato Ridge, net buite Hillcrest in KwaZulu-Natal, het tot tien gestyg, terwyl vyf ander ernstige beserings opgedoen het. ’n Voorlopige verslag dui daarop dat die volgelaaide minibus-taxi gister van Hammarsdale na Cato Ridge onderweg was toe die bestuurder in ’n draai beheer verloor en teen […]