Skip to content

MK-party sê Jacob Zuma se gesondheid is goed ná berigte van hospitalisasie

# Die MK-party sê sy leier, Jacob Zuma, se gesondheid is goed. Dit volg op berigte dat hy Dinsdag in die hospitaal opgeneem is nadat hy blykbaar siek geword het. Die koerant The Witness, in Pietermaritzburg, het berig dat ‘n ooggetuie gesien het hoe die voormalige president per ambulans na die hospitaal gebring en opgeneem word. Die MK-party sê Zuma het sy roetine-mediese ondersoek ondergaan, iets wat hy gewoonlik twee keer per jaar doen. Die party sê hy bly verbind tot sy veldtogte vir die plaaslikeregeringsverkiesing.