Skip to content

Gholf: Jon Rahm verlaat LIV Golf weens “onaanvaarbare” voorwaardes vir voorgestelde herbekendstelling

# Gholf: Die tweemalige Major-kampioen Jon Rahm het LIV Golf verlaat en beskou die voorwaardes wat vir die voorgestelde herbekendstelling van die wegbreekreeks as “onaanvaarbaar”. LIV is tans in die VSA onder bankrotskap na Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy befondsing onttrek het. Die liga het moontlike finansiering van BC Partners Credit verseker. Rahm se prokureur, John Beck, sê hulle werk daaraan om ‘n skeidingsooreenkoms teen 15 Oktober te finaliseer. LIV Golf is glo sowat 2,495-miljard rand aan die Spanjaard veskuldig vir die res van die kontrak wat hy byna drie jaar gelede onderteken het.