# Krieket: Joburg Super Kings het die veelsydige 18-jarige Suid-Afrikaner, Jason Rowles, vir 2,9-miljoen-rand gekoop, die hoogste bod op die veiling vir die SA20 se vyfde seisoen. JSK het ook die voormalige Protea-kaptein, Faf du Plessis, vir 2,7-miljoen-rand terug verwelkom, terwyl die Windies se ervare veelsydige speler, Kieron Pollard, vir 1,5-miljoen-rand by hom aansluit. Pretoria […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Arbeidshof staar leierskapdilemma in die gesig nadat die Regterlike Dienskommissie besluit het om nie regters Graham Moshoana of Betty Mahalelo aan te stel nie. # En die Netwerk24-webblad: Berig ‘n taxi-ongeluk in Cato Ridge naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal […]
# Rugby: Wêreldrugby het die heup- en knie-laagvat-tegnieke as gevaarlike en onwettige duikslae verklaar. In ʼn heup-laagvat gebruik die spelers hul liggaamsgewig om ʼn speler grond toe te trek en sak van agter om die bal-draer se bene. Dit sal voortaan vuilspel wees en met ʼn strafskop gestraf word. Die knie-laagvat waar ʼn speler op […]
# ʼn Tennessee-regter het ʼn mosie toegestaan dat alle relevante bewyse wat met die mislukte teregstelling van Christa Pike verband hou, bewaar word. Die 50-jarige Pike, wat in 1995 na haar skuldigbevinding aan moord ter dood veroordeel is, is in die hospitaal nadat sy verlede week twee dodelike pentobarbital-dosisse oorleef het. Pike se prokureurs sê […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die […]
# President Cyril Ramaphosa sê die land is gereed vir volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing en operasionele voorbereiding is in plek. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is genomineer om tien-duisend-526 raadsetels by munisipaliteite te betwis. Dit sluit in 636 onafhanklike kandidate, 97-duisend-815 wykskandidate en 38-duisend-679 kandidate vir proporsionele verteenwoordiging. Ramaphosa sê hy het vertroue in die Nasionale Gesamentlike […]
# Die Spoorwegveiligheidsreguleerder sê sterftes is die bedryf se grootste uitdaging. Die jongste data toon die publiek was verantwoordelik vir 95,4-persent van alle sterftes. Ten spyte van ‘n algehele afname in spoorwegvoorvalle, het sterftes met 25,9-persent toegeneem, van 139 tot 175 in 2025/2026. Sekuriteitsvoorvalle het tot vyf-duisend-710 gedaal, wat ‘n jaar-tot-jaar-afname van 11,2-persent verteenwoordig. Diefstal […]
# Die Palestynse militante groep Hamas het die aanvalle van 7 Oktober 2023 op Israel as ‘n “geskiedkundige mylpaal” in sy stryd beskryf. Gister was dit drie jaar sedert Hamas verskeie aanvalle in Israel, waaronder by ‘n musiekfees, uitgevoer, meer as een-duisend-200 mense vermoor en 251 gyselaars na Gaza ontvoer het. As weerwraak het Israel […]
# Die vuurwapen- en meineedsaak teen die selfverklaarde politieke bemiddelaar Brown Mogotsi, is in die Johannesburgse Landdroshof tot 23 Oktober uitgestel. Die uitstel volg na sy regspan verdere besonderhede van die staat versoek het. Mogotsi se regsverteenwoordiger, Makau Sekgatja, sê die verdediging is ontevrede met die staat se reaksie. Die verdediging versoek inligting, insluitend die […]