# Oekraïnse amptenare sê minstens 26 mense, insluitend vier kinders, is oornag beseer tydens Russiese aanvalle op Kiëf, Odessa en ander streke. In Kiëf is 16 mense, onder wie twee kinders, gewond terwyl sewe mense, insluitend twee kinders, in Odessa beseer is nadat ‘n missiel ‘n woonstelgebou getref het. ‘n Man van 64 is in […]
# Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes het gewoonlik ‘n duidelike […]
# Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê pogings om amptenare te beïnvloed kan op verskillende vlakke van korrektiewe instellings plaasvind. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê die veroordeelde moordenaar en verkagter, Thabo Bester, het herhaaldelik probeer om sy aandag te trek. Thobakgala sê Bester se versoek is na formele klagtes en verteenwoordigings-prosesse […]
# Die Hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het die 33-jarige prokureur, Charlotte Tibana, met onmiddellike ingang verbied om te praktiseer. Die Regspraktykraad het die dringende aansoek gebring te midde van bewerings van bedrog met trustrekenings. Tibana en haar man, die Tshwane-metropolisie-beampte Peter Nonyane, staan tereg op 43 aanklagte wat bedrog, diefstal en geldwassery insluit. Hulle […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se kaptein Ronwen Williams sê ‘n moontlike eindstryd in die FIFA-Interkontinentale beker teen Paris Saint-Germain is hulle uiteindelike doelwit. Die “Brazilians” moet Saterdag eers teen die Asiatiese kampioen, Al Ahli Saudi FC, op Loftus Versfeld wen. Sundowns het vir die toernooi gekwalifiseer deur die CAF-kampioeneliga te wen. Williams het sy spanmaats […]
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika sê beleggings van sowat 440-miljard-rand sal die volgende dekade nodig wees vir transmissie-uitbreiding en netwerktoegang. Die onderneming berei voor vir volgende maand se Windaba 2026 in Kaapstad. Uitvoerende hoof Monde Bala sê die geld sal aangewend word om ongeveer 14-duisend-500-kilometer se hoëspannings-kraglyne en bykomende transformator-vermoë te befonds. Hy sê […]
# Die Stad Johannesburg is aangewys as ‘n finalis wat hoë lof ontvang het in ‘n kategorie van die Internasionale Vereniging van Tuinboukundige Produsente se Wêreld-Groenstad-toekennings vir 2026. Die stad se vergroeningsprojek wat deur Stadsparke en die Dieretuin gelei word, is een van drie internasionale finaliste. Die besturende direkteur, Thanduxolo Mendrew, sê die program gee […]