# Krieket: Australië berei hom voor op ‘n vyandige ontvangs in Durban môre wanneer die span sy eerste toets in Suid-Afrika speel sedert die balpeuterskandaal van 2018. Kaptein Steve Smith, onderkaptein Dave Warner en die bouler Cameron Bancroft is almal gestraf nadat televisiekameras gewys het hoe Bancroft die bal met skuurpapier grof maak tydens die derde toets in Kaapstad. Die Proteas se hulpafrigter, Ashwell Prince, sê hoewel die uitlok en belediging van teenstanders nie meer so algemeen is nie, het dit nie heeltemal uit die spel verdwyn nie.
Krieket: Prince sê op vooraand van toets teen Australië is intimidasie van spelers nie iets van die verlede nie