# Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer ‘n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die […]
# Die Gautengse wetgewer het internasionale erkenning ontvang vir sy omgewingswerk nadat hy die eerste Green Mace-toekenning van die Statebond se Parlementêre Vereniging gewen het. Die toekenning erken maatreëls soos die gebruik van energiedoeltreffende LED-beligting, planne om sonpanele in te stel, ‘n laaistasie vir elektriese voertuie en boomplantprojekte. Die wetgewer se speaker, Morakane Mosupyoe, sê […]
# Die vakbondfederasie COSATU verwelkom die Mededingingskommissie se aansoek om die voorwaardelike goedkeuring van die samesmelting tussen die Premier Group en RFG Holdings terug te trek. Die stap volg op ‘n ondersoek na Premier se besluit om sy inmaakaanleg in Tulbagh te sluit en werknemers af te dank. COSATU sê die Premier Group het tydens […]
# Die DA-leier in die Oos-Kaap, Andrew Whitfield, sê die party het fondse opsygesit om die veldtogte van vier bykomende burgemeesterskandidate te ondersteun in munisipaliteite waar die ANC versuim het om kandidatelyste in te dien. Die kandidate ding mee in Sondagsriviervallei, Walter Sisulu, Port St Johns en Ingquza Hill. Whitfield sê die burgemeesterskandidate het hul […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het vordering deur die Nasionale Dialoog-stuurkomitee verwelkom met die oog op ‘n inklusiewe en geloofwaardige proses. Mashatile het vandag met die komitee vergader terwyl verskeie sektore steeds oor kwessies beraadslaag wat Suid-Afrikaners raak. Volgens sy woordvoerder, Itumeleng Mafatshe, toon proefdialoë burgers is bereid om sinvol deel te neem en oplossings aan […]
# Noord-Korea het kritiek teen die Verenigde State uitgespreek oor sy militêre steun en wapenverkope aan Taiwan, en Washington daarvan beskuldig dat hy spanning in die Straat van Taiwan aanwakker. Die kritiek volg nadat Taiwan die eerste twee van 66 Amerikaanse F-16-vegvliegtuie ontvang het wat in 2019 bestel is. Kim Jong Un het ook volgehoue […]
# Sokker: Die Hof vor Sportarbitrasie sal môre Senegal se appèl aanhoor teen die besluit om die land sy Afrikabeker-titel te ontneem. Die Afrika-beheerliggaam, CAF, het die titel in Maart aan Marokko toegeken, ten spyte daarvan dat Senegal die eindstryd in Januarie met 1-0 in bykomende tyd gewen het. Dit het gebeur nadat Senegal se […]
# Drie-en-sestig vroue beskuldig nou ‘n finansiële dienste-bestuurder van Hilton in KwaZulu-Natal van seksuele aanranding. Ondersoeker Brad Nathanson sê die gesin van ‘n 15-jarige meisie het hom eerste genader nadat die man haar na bewering seksueel voorberei het. Hy sê ‘n enkele Facebook-plasing het gelei to 63 klagtes, onder meer van minderjariges wat eksplisiete foto’s […]