# Tennis: Charlotte in Noord-Carolina, Amerika, is van volgende jaar tot 2029 die WTA-eindtoernooi se nuwe tuiste. Die laaste toernooi van die seisoen met die top-agt vroue-enkelspelers en dubbelspel-spanne word in die Spectrum-sentrum gespeel. Vanjaar s’n vind in November in Indian Wells, Kalifornië, plaas nadat die omstrede ooreenkoms om dit in Saoedi-Arabië aan te bied, […]
# Die GOOD-party sê Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het nie duidelike planne verskaf vir bekostigbare behuising nie. Die Konstitusionele Hof het die verkoop van die Tafelberg-skool in Seepunt aan ʼn privaat ontwikkelaar onwettig verklaar. Die metro en die Wes-Kaapse regering moet teen die einde van dié maand verslag doen oor bekostigbare behuising en die […]
# Die Kaapse Onafhanklikheidsparty vra ʼn volledige ondersoek na bewerings dat ʼn pasiënt in Julie verlede jaar mishandel is in die Tygerberg- en die Karl Bremer-hospitaal in Kaapstad. Woordvoerder Andrew van Vuuren sê hulle het ʼn omvattende klagte van ʼn pasiënt se man ontvang. Dit bevat kliniese rekords, foto’s en ander dokumentasie. Van Vuuren sê […]
# KwaZulu-Natal se polisie het ʼn verdagte in Inanda doodgeskiet wat gesoek is vir ernstige en geweldsmisdade soos moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê hulle het inligting ontvang dat die verdagte by ʼn huis in Ndimande-weg in die Mzomusha-gebied van Newtown C is. Hy sê hulle het vyf mans in […]
# Rugby: Die gewese Engelse losskakel Stuart Barnes sê dit sal ‘n span aangevoer deur ‘n talentvolle speler soos Ardie Savea van Nieu-Seeland of Antoine Dupont van Frankryk vereis om die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te klop. Suid-Afrika gaan volgende jaar in Australië probeer om ‘n ongeëwenaarde derde agtereenvolgende titel te wen. Barnes […]
# Die DA beskuldig premier Panyaza Lesufi van voortslepende mislukking om inwoners, veral vroue, te beskerm al spog hy met sy tegnologies gevorderde misdaadbekampingstegnieke. Dit volg terwyl die polisie die ontdekking van agt vroue se liggame in Kemptonpark ondersoek. Solly Msimanga van die DA sê die kwessie van veiligheid en misdaad in Gauteng word vererger […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun die versoekskrif oor Gauteng se skoolsubsidies wat Solidariteit en die Skole Ondersteuningsentrum aan die parlement voorgelê het. Die Gauteng-Onderwysdepartement skuld 971-miljoen-rand aan twee-duisend-202 skole vir aankoop van handboeke, onderhoud en munisipale dienste. Wynand Boshoff van die VF Plus sê die versoekskrif versoek die parlement om formeel ondersoek in […]