# Die Stad Tshwane sê hy prioritiseer foutopsporing om elektrisiteit aan kliënte in Murrayfield en Koedoespoort te herstel. Dit volg na kragonderbrekings wat in sommige gebiede byna tien dae geduur het. In Murrayfield het spanne oornag krag na vyf mediumspanningseenhede herstel wat beteken ongeveer 20 eenhede is steeds sonder krag, terwyl daar na verdere kabelfoute […]
# Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in ‘n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet sy wind- en sonkragbronne benut om energie-sekerheid te versterk en ekonomiese hervorming te bevorder. Hy het gepraat op Windaba 2026 in Kaapstad, met die tema “Implementing Watt Matters: Policy, Power, People”. Ramokgopa sê hernubare energie kan ekonomiese groei, werkskepping en industrialisering ondersteun. Hy […]
# Lande in die Stille Oseaan versoek die wêreld om pogings op te skerp om kweekhuisgasuitstralings te verminder en aardverwarming tot onder 1,5-grade Celsius te beperk. Ministers van Klimaatsake vergader in Fidji en sê die streek ervaar reeds die gevolge van stygende seevlakke, uiterste weerstoestande en toenemende bedreigings vir gemeenskappe. Hul vra sterker verbintenisse voor […]
# Rugby: Die Stormers pak die Haaie met elf Springbokke in sy span in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson het sy terugkerende Bokke ingespan nadat hulle in die tweede ronde in Skotland teen Edinburgh verloor het. Agt internasionale spelers is in die opdrafspan en nog drie […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare, wat meer as 250-duisend staatsamptenare verteenwoordig, herdenk vandag Wêrelddag vir Waardige Werk. Die vakbond sê staatsamptenare moet dikwels in onveilige omstandighede werk, hanteer oormatige werksladings en hoë personeelomset, terwyl hul meer moet doen met beperkte hulpbronne. Die woordvoerder, Claude Naicker vra die regering om befondsde vakante poste dringend te vul, […]
# 2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van ‘n molekule bo ‘n ander bevoordeel. Hiener Linke van die Nobelkomitee sê […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement erken uitdagings met die voorsiening van medisyne in openbare geriewe. Hy sê dis as gevolg van kontrakveranderinge, vertragings met verskaffers en druk op die voorsieningsketting. Woordvoerder Steve Mabona sê hulle monitor beskikbaarheid deur hul voorraad-sigbaarheidstelsel en het ingegryp, insluitend met die rotasie van voorraad tussen geriewe, die verkryging van alternatiewe verskaffers […]